Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Twee plaaslike leerders neem deel aan Nasionale Musiekkompetisie

Twee plaaslike leerders neem deel aan Nasionale Musiekkompetisie
 
2010-09-23


TWEE plaaslike leerders neem vanaf 20 tot 24 September in die ouditorium by Hugo Lambrechts in Parow deelneem aan die 22ste Sanlam Nasionale Musiekkompetisie.

Violis Danielle Salies (13) ’n leerder van New Orleans Primêr en pianis Rebecca Lauryssen (11) ’n leerder van Bridge House is onder die 71 deelnemers wat gekeur is ná landwyse oudisies.

Die kompetisie is 22 jaar gelede ingestel as ’n platform op nasionale, vlak om belowende, jong musiekstudente te ontwikkel. Verskeie jong musici is reeds op die pad na suksesvolle musiekloopbane en selfs internasionale roem geplaas. Die publiek kan dit gratis bywoon, behalwe vir die finale ronde wanneer ’n beskeie bydrae tot die kompetisie se beursfonds gehef word. Vir kaartjies vir die galakonsert op 24 September, skakel 021-939-9105 weeksdae tussen 10:00 en 18:00.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za