Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Cultivaria op ’n klassieke noot

Cultivaria op ’n klassieke noot
 
2010-09-23


LIEFHEBBERS van klassieke musiek kan uitsien na ’n uitstekende klassieke musiekkalender tydens vanjaar se Cultivaria-kunstefees vanaf 23 tot 26 September in die Paarl.

Een van die hoogtepunte is die opwindende produksie Amor hai Vinto (Liefde, jy het geseëvier) met vroeë Italiaanse barokmusiek deur Monteverdi en verteenwoordigende werk van Vivaldi en Handel.

Sopraan Lente Louw en bariton Charles Ainsley word begelei deur Hans Huyssen op baroktjello en Andrew Cruikshank op die klavesimbel tydens ’n eenmalige vertoning op Sondag 26 September om 12:00 by Hoërskool Gimnasium se ouditorium,

) In Blondes on a G string is Zorada Temmingh en Elna van der Merwe weer agter die klawers vir ’n keurspel van Grieg, Gershwin en gewilde musiekblyspele.

Dié twee pianiste sal gehore op hulle voete hê met hulle vertolking van Grieg se klavierconcerto’s, asook gunstelinge soos Rhapsody in Blue, An American in Paris and Someone to watch over me. Moenie hulle vertonings op Saterdag 24 September om 11:30 en Sondag 26 September om 15:30 in the Paarlse Stadsaal misloop nie.

) Die 22-jarige Winand Grundling word gereken as een van Suid-Afrika se top uitvoerende klassieke musikante en sy orrelspel tydens Organ Fireworks is verstommend. Grundling doen ’n uitvoering met werke van Bach, Mendelsohn en Guilmant, sowel as sy eie vertolkings van onder andere “Amazing Grace” in die Toringkerk in die Paarl se Hoofstraat.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za