Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kom prikkel jou lagspiere by die fees met finesse

Kom prikkel jou lagspiere by die fees met finesse
 
2010-09-23


DIE Cultivaria-kunstefees bied vanjaar etlike komedievertonings aan om besoekers in ’n ligter luim te kry.

Grapjas Casper de Vries maak sy debuut by Cultivaria met Bloemers en Roemers. De Vries span saam met Shaleen Surtie-Richards (Nenna van Egoli faam), Marion Holm en Karen Wessels vir ’n skatersnaaks skertskomedie, wat die lagspiere behoorlik sal prikkel, Sondag 26 September om 18:00 in die polisiekollegesaal. Slegs vir volwassenes.

Holm is ook te sien in haar een-vrou vertoning Met die Holm gebore op Vrydag 24 September om 10:00 en Saterdag 25 September om 11:00.

Dowwe Dolla is weer eens terug met haar nuutste lekker-lag vertoning Dowwe Dolla 007: Geskud, nie gepluk nie. Soos gewoonlik steek Margit Meyer-Rödenbeck die draak met bekendes en beroemdes en vanjaar loop onder andere Julius Malema en Jurie Els deur onder Dolla se vlymskerp tong.

Satirikus Rian van Heerden gaan weer ’n paar sensitiewe klippe omrol met sy vertoning Bols!

Van Heerden is nog vol sokkergees en deel mondelings geel kaarte uit vir onder andere Afrikaanse tokkelossies, Zuma, polisiemanne en bos-dominees.

Bespreek aanlyn of by die stadsaal.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za