DAAR is min mense wie die super-rykes meer vertrou, as hul hofmeesters (butlers).
Dit is hierdie opleiding wat binnekort deur die toonaangewende opleidingsinstansie in die gasvryheidsbedryf, The Private Hotel School in Stellenbosch, aangebied sal word.
Die Spesialis-Hofmeesterkursus begin in Januarie. Dit is ’n intensiewe opleidingsprogram wat 20 weke duur. Registrasie sluit 30 September en laat aansoeke sal oorweeg word.
Die kursus word aangebied in samewerking met die International Institute of Modern Butlers LLC, en opleiding word onder andere aangebied deur gesertifiseerde Suid-Afrikaanse hofmeesterdosente.
Vir meer inligting, besoek www.privatehotelschool.co.za