NEDERBURG het in Australië in die 2010 Tri Nations Wine Challenge die trofee vir die beste dessertwyn verower.
Dié eer, wat tydens ’n glansdinee in Sydney aangekondig is, het die 2005 Private Bin Edelkeur, wat nét by die jaarlikse Nederburg-veiling verkoop word, te beurt geval. Die edellaatoeswyn was een van 18 mededingers om die trofee by die jaarlikse geleentheid waartydens die allerbeste Suid-Afrikaanse, Australiese en Nieu-Seelandse wyne teen mekaar meeding op uitnodiging. By vanjaar se Nederburg-veiling is R1 900 vir ’n kissie van 6 bottels van 375 ml van hierdie wyn (R316,66 per bottel) betaal.
In die klas vir Bordeaux-versnit het die 2006 Tokara Director’s Reserve dubbelgoud gewen, terwyl KWV The Mentor’s Orchestra 2008 goud gewen het.