Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Beste plaaswerker aangewys

Beste plaaswerker aangewys
 
2010-09-23

Devidean Moses

HARDE WERK, opoffering en die vermoë om altyd nuwe drome oor die toekoms te droom, is die boublokke van my lewe,” sę Piet Farao, produksiebestuurder van Môrester-plaas naby Piketberg, wat onlangs met die toekenning vir plaaswerker van die jaar in die Bergrivier-tafeldruifstreek weggestap het.

Farao het uit ’n totaal van 158 inskrywings die eerste prys losgeslaan vir sy toewyding.

Die afgelope vier jaar by Môrester was hy verantwoordelik vir ’n produksiespan van meer as 300 mense saam met twee senior assistente. Hy fokus op menslike hulpbronne, verhoudingsbestuur en produktiwiteit.

Koot Nel, plaasbestuurder van Môrester, meen dat Farao baie goed met mense werk.

“Hy het ’n groot omwenteling in ons lewe hier op Môrester gebring. Hy laat elkeen belangrik voel.”

Farao se pa is oorlede toe hy klein was en omdat sy ma nie alleen na die gesin kon omsien nie, het hy sy laerskooljare in die Steinthal-kinderhuis op Tulbagh deurgebring. Daarna het hy grensdiens in Namibië gedoen as soldaat.

“Ek het die weermagdae geniet, want dit het my dissipline laat aanleer en ook vir my geleer hoe om te oorleef,” sę die beskeie Piet.

Voorheen was hy vir 20 jaar ’n werker by die bekende vrugteplaas Rooihoogte van JD Kirsten.

Môrester is bekend vir sy tafeldruiwe en is deel van die Univeg Groep, een van die węreld se voorste vrugteverspreiders.

“Ek wil ook graag die jong mense op die plaas inspireer om die kanse wat op hulle pad kom te benut om akademies te presteer en gebruik te maak van die vele geleenthede wat ek nie in my jong dae gehad het nie,” sę Farao.

Volgens Roelof Joubert (Paarl Landbougenootskap) is hulle verheug oor die groot getal inskrywings vir die kompetisie wat ontvang is vanaf Simondium tot naby Piketberg. Die kompetisie is aangebied in samewerking met die Bergrivier Tafeldruiwe Produsentevereniging en die Wellingtonse Landbougenootskap.

Die inskrywings het gegroei vanaf 76 in 2009 tot 158 vanjaar, wat getuig dat ’n sterk landbougemeenskap in die streek gekweek word. Dertien van die 27 plase wat inskrywings ingestuur het, het ook die eerste keer deelgeneem.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za