Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sny tog net raadslede met skuld se krag af

Sny tog net raadslede met skuld se krag af
 
2010-09-23


MET verwysing na die berig van 16 September aangaande die gelde verskuldig deur Raadslede aan die Drakenstein Munisipaliteit, wil ek noem dat vroeër jare, as ’n raadslid nie sy finansiële verpligtinge teenoor ’n munisipaliteit nagekom het nie, was hy van sy pos onthef. Blykbaar geld hierdie beginsel nie in die nuwe bedeling nie en kan ’n raadslid wegkom met enige doen en late, hoe krimineel ook al.

Dit is ook baie interessant dat daar nou eers pogings aangewend word om dit van die salarisse van raadslede te verhaal.

Waarom was daar nie voortgegaan met die weiering om krag aan sodanige raadslede te verkoop nie en/of waarom was daar nie voortgegaan om hulle kragverbruik af te sny nie, soos wat daar teenoor die normale inwoners opgetree word nie?

Wanneer ’n inwoner se rekening agterstallig is, word maklik 50% van sy kragaankope se geld gebruik om sy skuld te delg.

Hoekom moet raadslede vrygeskeld word en dan moet ons nog in die koerant lees dat daar nou eers BEGIN word om geld van hulle salarisse te verhaal.

Indien ’n raadslid sy setel verloor in die komende verkiesing en hy is steeds duisende rande verskuldig, sal dit seker maar afgeskryf word omdat hy ’n raadslid was.

Hoe lank sal hierdie situasie nog voortduur voordat die totale bestel in duie stort

André du Plessis

Die munisipale woordvoerder, May Carolissen, reageer: Die Munisipale Stelselswet (MSW) maak voorsiening dat raadslede nie meer as drie maande agterstallig mag wees met rekeninge vir munisipale dienste nie

Die Raad tree op ingevolge die Wet en die Skuldinvorderingsbeleid en -regulasies wat voorsiening maak vir die invordering van rente op agterstallige gelde, en die beëindiging en inkorting van dienste wanneer rekening agterstallig raak.

Verder word ook voorsiening gemaak vir die vereffening of afbetaling van agterstallige gelde. Hierdie maatreël is van toepassing op alle rekeninghouers van die Drakenstein Munisipaliteit.

Die inkorting van elektrisiteit word toegepas wanneer verbruikers met uitstaande skulde nie reëlings tref vir afbetaling nie of waar hul agterweë bly met hul huidige reëlings.

Wanneer ’n raadslid ophou om in die Raad te dien, vir watter rede ook al, word die Skuldinvorderingsbeleid steeds toegepas om gelde te verhaal

Die rekening van raadslid Tshaya is hoog as gevolg van ’n foutiewe watermeter en die Munisipaliteit is besig om daarna te kyk

In die geval van raadslid Kika is daar ’n bestaande reëling in plek wat sy pligsgetrou nakom

Die uitstaande bedrag vir die onderburgemeester is op die huidige rekening vir September, wat eers teen 7 Oktober betaalbaar is. Dus is daar geen agterstalligheid nie.

Dit geld vir baie van die ander raadslede wat as “agterstallig” aangedui is deur provinsie.
Die saak sal deur die Speaker en die Munisipale Bestuurder met die LUR van Plaaslike Regering in Wes-Kaap opgeneem word.
Die meeste van hierdie 15 sogenaamde “agterstallige” raads­lede se rekeninge is lopende rekeninge, soos wat die meeste inwoners van Drakenstein-area ontvang en wat betaalbaar is op die sewende dag van elke maand.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za