Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kunstenaars vlieg land vol vir Cultivaria

Kunstenaars vlieg land vol vir Cultivaria
 
2010-10-02


DIE Cultivaria-fees was vanjaar weer ’n groot sukses. Hoewel daar effe minder produksies was, was kaartjieverkope weer uitstekend.

Volgens die feesdirekteur, Gerhard Meyer, was die program vanjaar effe beperk veral wat toneelstukke betref, weens die feit dat die Inniebos-fees in Mpumalanga vanjaar in September gehou is, pleks van Junie, weens die Wêreldbekersokker.

Boonop word Aardklop ook dié week in Potchefstroom gehou.

“Dit het veroorsaak dat baie kunstenaars nie die tyd gehad het om Kaap toe te reis, en die ander twee feeste ook by te woon nie. Gevolglik kon ons vanjaar nie eintlik toneelstukke aanbied nie, omdat die stelle nie so vinnig verskuif kan word nie.’

Gevolglik was kaartjieverkope vanjaar marginaal minder, maar baie vertonings soos Tydloos Encore en Afrifrans was uitverkoop.

“Dit was moeilik om die skedulering te doen sodat almal hul tye by die verskillende feeste kon inpas. Dit is byvoorbeeld hoekom Chris Chameleon twee vertonings op een oggend moes hou, en Casper de Vries se “Bloemers en Roemers” heel op die einde van die fees aangebied is.

“Ek was verras met die uitstekende talent wat te sien was in die Paarl’s Got Talent-kompetisie - ook die dansgroepe was puik. Geen wenner is aangewys nie, maar elke deelnemer wat tot die finaal deurgedring het, het ’n kontantprys gewen.”

Meyer het onlangs ’n transaksie met die toerisme-owerheid van Brugge in België beklink, om in Julie volgende jaar ’n langtafeldinee daar aan te bied op die water.

Een van Brugge se gragte sal gesluit word vir die langste drywende tafel in menseheugenis, waar kunstenaars van Suid-Afrika saam met hul eweknieë van België sal optree as ’n spesiale toonvenster vir die kunste.

* The Cultivaria Festival was a resounding success once again, despite the limitations to scheduling due to competing festivals in the northern provinces.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za