Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoop vir kollege kwyn

Hoop vir kollege kwyn
 
2010-10-02


NET die Minister van Hoër Onderwys, dr Blade Nzimande, kan nog die Hugenote Kollege red.

Só meen ingeligtes nadat die Universiteit van Stellenbosch samewerking met die kollege geweier het.

Sowat 600 studente het reeds ingeskryf by die kollege as eerstejaars vir volgende jaar, en hierdie studente moet nou elders geholpe raak.

Selfs ’n besluit deur die minister wat samewerking met US kan afdwing, sal nie die kollege se voortbestaan verseker tensy dit binne weke geneem word nie, is aan Paarl Post gesê.

Personeellede is tans uiters ontevrede dat die voorsitter van die kollegeraad, dr Willie van der Merwe, en die vise-rektor, prof Naas Swart (nie die rektor prof Johan Viljoen soos verlede week per abuis berig is nie), die afgelope week besoek gebring het aan Duitsland, terwyl die kollege in krisis is.

Hulle het onder meer ’n konferensie oor die diakonaat in Heidelberg bygewoon.

Intussen kan sowat 70 personeellede hul werk verloor, omdat studente hul studies elders moet voortsit.

Die grootste struikelblok vir samewerking is glo die feit dat die kollege as privaatmaatskappy geregistreer is deur ’n besluit van die direksie.

Daar word gehoop dat die minister moontlik integrasie met US kan afdwing, waardeur die kollege as satelliet-kampus van die universiteit kan funksioneer.

* Unless the Minister of Higher Education intervenes, the Huguenot College is doomed.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za