Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Motor jaag byna tot in huis

Motor jaag byna tot in huis
 
2010-10-02


NADAT ’n voertuig by Hoërskool Gimnasium se matriekafskeid gesteel is, het die vermeende diewe duisende rande se skade aangerig by ’n woning in die Paarl.

Die wit Toyota Corolla was geparkeer op ’n sportveld van dié skool tydens hul matriekafskeid verlede Donderdagaand. Ten spyte van die teenwoordigheid van sekuriteitswagte, het die voertuig verdwyn.

Toe die diefstal ná die glansgeleentheid opgelet is, is die Paarl polisie hieroor in kennis gestel en ’n soektog is geloods.

Om 02:00 Vrydagoggend, het die polisie ’n motor in die Paarlse Hoofstraat naby die stadsaal opgelet wat ooreengestem het met die beskrywing van die gesteelde voertuig. Die motor het teen ’n hoë spoed in ’n noordelike rigting verbygejaag en hulle het die voortvlugtiges agternagesit.

Die bestuurder van die motor het in Commercialstraat ingery waar hy beheer oor die voertuig verloor het en deur die staalheining van ’n huis gejaag het.

Twee mans het daarin geslaag om te vlug, maar hul twee makkers is in hegtenis geneem.

Ronaldo Ruiters (21) en Enrico Michaels (28), albei van Chicago, het vandeesweek in die Paarl Landdroshof verskyn in verband met dié voorval.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za