Soek werk
2010-10-02
EK het duisende rande uitgegee vir 地 kwalifikasie, maar ek as jongmens kry net nie werk in my veld nie. Ek het oral aansoek gedoen, by die hospitaal, die munisipaliteit, is geregistreer by vyf webtuistes vir werk, maar niks nie. Hulle antwoord dat ek nie genoeg ondervinding het nie. As ek so pas my diploma gekry het, waar kan ek begin om ondervinding op te doen? Maar afgetrede onderwysers en selfs afgetrede hoofde stap in administratiewe poste in, poste wat vir 地 jongmens soos ek 地 goeie begin sou wees. Is dit 地 kwesie van vir wie ek ken? My status in die gemeenskap? Soek 地 werk
More
News
|