Boishaaiers wen Latynse pryse
2005-09-29
BY vanjaar se Romeinse Dag gereël deur die Klassieke Vereniging van SA het Boishaai se Latynleerders weer eens met die helfte van die pryse weggestap vir hul Klassieke Kultuur-projekte.
In die kategorie vir modelle het Keegan Truter (graad 8) se Colosseum en Gerhard Fouchee (graad 9,) se mosaďek met Cave canem (“Pasop vir die hond”) ‘n eerste prys losgeslaan. Eerste pryse is ook toegeken aan Wilhelm van der Sluys (graad 8) vir sy plakkaat oor die nuutverkose Pous en Latyn wat tydens sy verkiesing gebruik is, en aan Reinhard Biermann (graad 10,) vir sy opstel oor Romeinse Portretkuns.
Die Graad 8’s en 9’s in Boishaai het soos verlede jaar weer in die ope afdeling die beste bydrae voorgelę met hul plakkaat oor Latyn in die koerante die afgelope jaar.
More
News
|