Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Swak diens by polisiestasie pla

Swak diens by polisiestasie pla
 
2010-10-02


OP Woensdag 22 September is ek na Paarl polisiestasie om my verlore selfoon te rapporteer wat in die taxi uit my handsak geval het. Die sersant wat my gehelp het, se diens was uiters swak.

Terwyl hy besig was met my verklaring, het hy met elke mens gepraat wat die polisiestasie binnegekom het. Ek moes amper twee ure wag tot hy klaar was met my verklaring.

Hy het my nog kruisondervra ook. Amper asof hy nie glo wat ek hom sê nie.

Ek was baie teleurgesteld, want ek het ná drie ure weer teruggekom vir die saaknommer, en dit was nog nie op die rekenaar gesit nie.

Toe ek kla, word ek beledig en bespreek in ’n swart taal wat ek nie ken nie.

Ek is toe daar weg en het weer na ’n uur teruggegaan. Toe ek daar kom, was hy by die hof en niemand kon my help met die saak nie. Ek het eers die volgende dag ’n saaknommer gekry.

Ek is baie ontevrede met hulle diens en sal nooit weer die Paarl polisiestasie besoek nie.

Teleurgesteld




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za