Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skiet asb die dier wat so ly

Skiet asb die dier wat so ly
 
2010-10-02


AG nee wat, ek dink die dier moet nou geskiet word, want dit ly.

Ek woon die Cultivariafees getrou vanaf jaar een by en was erg teleurgesteld dié jaar.

Afgesien van ’n paar goeie produksies is die fees besig om agteruit te gaan.

Van wanneer af maak ’n feestent agtuur die aand toe?

Wat doen jy nadat jy ’n produksie bygewoon het wat agtuur klaar maak?

Dit is nie ’n strikvraag nie. ’n Mense gaan eet, drink, ontspan en geniet nog ligte vermaak in die emporium.

Dit is ’n fees, mense!

Ek het lewendiger begrafnisse bygewoon.

Dan word daar gesê: “Die veranderings by die emporium het gunstige terugvoering van feesgangers ontlok.”

Die mense met wie ek gepraat het, dink nie so nie.

Wat het geword van verlede jaar se orkes wat tot laat-aand in die feestent opgetree het?

Die mense wat dink dit was ’n sukses, dink ook seker “denial” is ’n rivier in Egipte.

Ek glo nie die mense sal volgende jaar weer kom nie.

Ex Cultivaria Feesganger

Die feesdirekteur, Gerhard Meyer, reageer: Die tent is nie ons fokuspunt nie en ons wil nie in dieselfde strik trap wat tente vir ander feeste was nie.

Die een aand vanjaar (Saterdag) wat ons die tent tot 22:00 oopgehou het, het ons twee voorvalle van dronkenskap gehad, wat maar net weer bewys het dat die besluit reg is.

Die klem by Cultivaria is op feesproduksies in sale en die tent is bloot ’n sosiale ruimte waar feesgangers tussen vertonings iets kan eet en drink.

Ná laataand-produksies is daar talle restaurante in die dorp waar feesgangers kan gaan kuier as daar so ’n behoefte is.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za