Sportdagboek
2010-10-02
RUGBY * Elsenburg vier vanjaar sy 75ste bestaan. Op 9 Oktober (16:00) speel die huidige Elsenburg-rugbyspan teen oud-studente. Kontak Martiens van Tonder (083-415-3465) of Ryno Palm (083-632-5054). ’n Spitbraai teen R100 per kop word ook aangebied. Bespreek by Suzette van Zijl (021-808-5470 of 084-819-3452) voor 4 Oktober. * ...Die Paarlstreek se jaarlikse uitkloptoernooi-wedstryde begin Saterdag op die Faurestraat-stadion. Die 2010 streekliga-kampioen, Vineyards, kom in die hoofwedstryd (18:30) te staan teen Young Standards. Riverstones wat baie sterk in die liga geëindig het, pak Simondium (17:00), terwyl Young Gardens die verdedigende kampioen, Laer Paarl pak (15:30). Laer Paarl sal graag die eerste span wil word wat die uitkloptitel suksesvol wil verdedig veral ná Laer Paarl se skitterende vertoning in die sewe-aan-’n - kant plaatfinaal. Die uitkloptoernooi word afgeskop met ’n wedstryd tussen Albions en Windmeul United (14:00) en beloof om uithalerrugby op te dis. Die halfeindrondes van die uitkloptoernooi word volgende Saterdag beslis met die finale op 16 Oktober. * Albions bied op 15 Oktober (20:00) sy jaareindfunksie in die Gemeenskapsaal aan. Die koste is R80 per persoon met die orkes Stofpad Whaniband wat optree. Vir meer inligting, skakel Steve Williams by 073-419-8476. * Die ...Voorlopige jaarvergadering van die Paarl Rugby Kode word vannaand om 19:00 by die Gemeenskapsaal gehou ertwyl die algemene jaarvergadering op 20 Oktober om 19:00 in dieselfde saal gehou word. ) KRIEKET * Wellington-CPUT krieketklub oefen elke Donderdag vanaf 17:00 by Bolandpark in die Paarl. Alle belangstellendes is welkom. Kontak Basie Basson by 083-230-5467. * Paarl-Oos Krieketklub oefen Dinsdae en Donderdae om 17:30 op New Orleans se velde. * Paarl Krieketklub oefen Maandae en Woensdae om 18:00 by Bolandpark. Nuwe lede welkom. Kontak Lyndon 082-710-5116. * Bergrivier Krieketklub oefen Maandae & Dinsdae om 17:00 op die klubvelde en Woensdae & Donderdae (17:00) by die St Albans Skoolveld. ) ROLBAL * Paarl Rolbalklub nooi nuwe lede en belangstellendes om in te skakel. “Tabs In” is Maandae, Woensdae en Saterdae om 14:00. Kontak 071-136-5405 of 021-872-7831 vir meer besonderhede. ) PRETSTAP * Skryf sommer dadelik in vir die Taalmonument Pretstap op 10 Oktober. Daar is ’n 9,5km (07:45) en ’n 4km (08:00) roete. Kostes beloop R20 (4km) en R30 (9,5km) Besprekings by 082-210-8426 of www.taalmonument.co.za * Die Gathering’s Annual 10km Run op 16 Oktober begin om 09:00 by die Jeugsentrum in Orleanslaan 35. Vir meer inligting, skakel 082-487-4671/079-724-4101. * Die Ashanti Wynproe Pretloop vind op 23 Oktober om 09:00 by die Ashanti wynplaas plaas. ’n Pretloop oor 5 of 10 km word aangebied. Troeteldiere is welkom. Vir meer inligting kontak Elaine by 021-914-2524. ) CYCLING * Die Burger-fietstoer, 5 Desember, begin vanjaar by Hoërskool Stellenbosch. Vanjaar se fietsresies sluit drie padafstande in: 15km, 44km en 98km. Besoek www.dieburgerfietstoer.co.za vir meer inligting. * The 2nd Boland Al-Azhar Cycle Tour is taking place on 31 October (Sunday). It consist of a short (45km) and a long (80km) route. The organisers are incorporating a Cycling SA licensed open category, which will include Junior, Elite and Veteran riders. The event starts and finishes at the parys Cricket Field in Market Street. Entry fees for the 80km and 45km, are R100 and R50 respectively. For more detail contact Z.. Moerat (083-784-1710), the school at 021-862-5115 or al-azharpaarl@hotmail.com
More
News
|