Rugbyflitse
2010-10-02
VINEYARDS DRA PAARL KROON! Ná 2009 se lang seisoen van omstredenheid, ’n nuwe afrigtingspan, veranderinge in leierskap, ’n agtste posisie op die punteleer en gelukkig ook klipharde klubrugby, is die jong span van Vineyards die naweek gekroon as die nuwe Paarl Streekkampioene vir 2010. Die feit dat Vineyards vir Riverstones, Young Gardens en Albions (onderskeidelik tweede, derde en vierde) in albei hul tweedeligawedstryde oortuigend geklop het, beklemtoon hul krag. Vineyards het baie naby daaraan gekom om hierdie jaar skoonskip te maak met net 2 nederlae (albei met minder as drie punte) in ’n seisoen van 20 wedstryde. Dié klub het 16 van sy ligawedstryde gewen, 2 gelykop gespeel en net die 2 verloor. Vineyards se tweedes en derdes het albei derde op die punteleer geëindig. Hoofafrigter Aslam Abrahams, wat verlede jaar die leisels oorgeneem het, verdien baie lof vir wat hy tot dusver met die span uitgerig het. ) YOUNG PEOPLES Ná afloop van ’n baie harde seisoen wat agter die rug is, kon Young Peoples Rugbyklub hulle 115de bestaansjaar met ’n hoogtepunt afsluit. Die stryd teen die Welpies en die Tiere was Saterdag op die New Orleansveld (Chicago-park) nie maklik vir Laer Paarl nie. Die driedrukkers vir die eerste span was Lorenzo Jacobs (2), Mafuta Malherbe en Gilmore Adams. Dominic Daniels sorg vir 2 doelskoppe en 1 strafdoel, om die telling aan die einde van die dag met 27-15 af te rond. Young Peoples hou op Vrydag 1 Oktober hulle bekeruitdelingfunksie in die Gemeenskapsaal. Kaartijes is R65. Bring eie piekniekmandjie saam. ) YOUNG WARRIORS Die rugbyspan van Young Warriors is Saterdag vir die tweede agtereenvolgende jaar as die Wellington rugby-sone se ligawenner gekroon toe hulle Pniel se All Stars met 23-15 verslaan het. Die wedstryd het met ’n vinnige tempo begin, met Warriors wat in die eerste minuut punte aangeteken het. Die spoedvraat, Aston “Joppie” Veldsman het twee pragdrieë gedruk en is ook as speler van die wedstryd aangewys. Warriors speel Saterdag op Wolseley teen die ligawenner van Malmesbury
More
News
|