Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Naelbyt, maar dis 'n tweede vir Roses

Naelbyt, maar dis 'n tweede vir Roses
 
2010-10-02


DIE rugbyspan Roses United het sy oorheersing in die jaarlikse Erfenisdag Sewe-aan-’n-kant-toernooi herhaal deur vir die tweede agtereenvolgende jaar Young Peoples in die finaal in ’n spannende wedstryd met 28-22 te verslaan.

Die gesogte Vivian Matthee-trofee, wat geborg word deur AC Rottweiler, staan dus weer in Wellington.

Die goed-geoliede span van Roses United moes tot die laaste minuut veg vir ’n naelbyt-oorwinning.

Hoewel Young Peoples die onderspit gedelf het, het hulle besonder goed gedoen en in die halfeindronde die nuweling Wellington-klub met 24-12 geklop, terwyl Young Gardens met 7-24 die onderspit teen Roses gedelf het.

In die plaatfinaal het die omgesukkelde span van Laer Paarl, vir die Paarl-klub in ’n baie goeie wedstryd met 24- 19 geklop.

Guran Kulsen het uitgeblink en het die wendrie afgerond ná ’n skitterende individuele lopie om die wenpunte in die laaste minuut aan te teken.

In die o.16 finaal klop Allandale vir Gouda 29-12. In die o.14 finaal klop Young Peoples vir Young Standards en in die o.12 finaal wen Simondium.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za