Raponsie by Ou Meul
2010-10-02
’n POPPEKAS, oor die kinderverhaal “Raponsie”, word op 9 Oktober om 10:00 in die Ou Meul-teater aangebied. Soos in die sprokie word Raponsie in ’n toring opgesluit deur ’n nare heks wat haar van almal wil weghou. ’n Prins hoor egter eendag haar pragtige stem en vind gou-gou uit hoe om by haar in die toring te gaan kuier. Hy raak natuurlik dadelik op die mooi meisie met die lang hare verlief. Wanneer die heks uitvind dat die prins op die toneel is, raak sy vreeslik boos. Gehore sal maar self moet kom kyk of Raponsie en die prins by mekaar gaan uitkom en of die heks se nare planne sal seëvier. Kaartjies is R40 en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of vstemmet@gmail.com.
More
News
|