Veerpyl-sterre skitter vir SA
2005-09-29
TWEE Paarliete, Thurlough Lottering (18) en Elizma Alexander (15) van Klein Nederburg Sekondêr, het met hul onlangse deelname aan die Sone 6 Nasionale Veerpyltjiekampioenskap wat in Swaziland gehou was, met ’n handvol goue en silwer medaljes huis toe gekom.
Hulle het meegeding teen spanne uit Lesotho, Swaziland, Namibië, Malawi en Botswana.
Thurlough het in die Ope Enkel-, Geslote Dubbel-, Spankompetisie en Algehele kompetisie, goue medaljes en in die Ope dubbelskompetisie ’n silwer medalje verower.
Elizma het in die algehele- en spankompetisies goud en in die ope en geslote dubbels silwer verower.
In die finale by die geslote dubbels op die verhoog, voor ’n vol saal, het Thurlough ’n voltal (180) behaal! Elizma het ook in die finale in die geslote dubbels op die verhoog gespeel.
Thurlough moes vir die ontvang van sy medaljes op die verhoog rondskarrel om ’n Springbokbaadjie te leen, want in die haas op pad Swaziland toe, het hy dit by die huis vergeet.
More
News
|