Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Joseph-blyspel op die planke op Wellington

Joseph-blyspel op die planke op Wellington
 
2010-10-02


WELLINGTON word in Oktober oorrompel met ’n produksie wat die dorp tot in sy fondasies gaan skud!

Die internasionaal-bekende musiekblyspel, Joseph and the Amazing Technicolour Dreamcoat, word van 13 tot 16 Oktober in die Bergkroon-teater (ou Hawekwa Jeugterrein) opgevoer.

Die direkteur van die nuutgestigte Wellington Produksiehuis, Johann Enslin, het hierdie enorme produksie aangepak waarop die inwoners van Wellington en sy omliggende dorpe trots kan wees.

Dit was van uit die staanspoor belangrik dat die gemeenskap betrokke moet wees by hierdie projek. Altesame 300 sangers tree op in die koor, saamgestel uit leerders van Hugenote Laerskool en Hoërskool, Hugo Rust Laerskool, Hoër Jongenskool, studente van CPUT en vryskut-koorsangers.

Die rolverdeling bestaan uit 27 sangers en dansers, met ’n 15-stuk orkes, pragkostuums en verhoogstel.

Die bekende Elvis-rol van Faro, word vertolk deur die sanger Danie Niehaus, terwyl die hoofrol van Joseph vertolk word deur oud-Gimmie André Terblanché (tans ’n dramastudent). Jo-Mari van Deventer is die Verteller. Die ander rolle word gevul deur mense van Wellington, Paarl en self so ver as Stellenbosch, Vishoek en Somerset-Wes.

Die regie is deur dr Petrus du Preez, choreografie deur Estelle Olivier, die ontwerper is Ronmari van Tonder en die musikale regisseur is Johann Enslin.

Kaartjies is beskikbaar by Musik-Lood (Paarl), Brent Oil Filling station (Wellington) of skakel 084-402-2916.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za