Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wen R10 000 se pryse met jou matriekafskeidrok

Wen R10 000 se pryse met jou matriekafskeidrok
 
2010-10-02


PAARL POST bied vanjaar vir die eerste keer ’n Matriekaf­skeid­rok-kompetisie aan, waar­in meer as R10 000 se pryse gewen kan word. Die inskrywingsvorm is vandag op bl 16 en dit sluit op 29 Oktober.

Die gelukkige matriekleerder wie se rok as die wen-rok aangewys is, gaan wegloop met verskeie pryse wat elke meisie se hart vinniger sal laat klop!

Van die pryse op die spel is ’n R1000 geskenkbewys van Paarl Mall, Paarlberg BMW gee toebehore van R1500, Convenient Fitness gee ’n geskenkbewys van R250, ’n fotosessie saam met Deonie Swanepoel Photography ter waarde van R800, pedikuur (R175) en mini-manikuur (R95) van Paarl Skin, ’n geskenkbewys van Wellington Osoonkliniek (R180), ’n haarsalon-bederf (R250) van La Papillon, lingerie ter waarde van R1300 van Treasure Chest, ’n behandeling ter waarde van R220 van Winelands Endormologie en ’n heerlike ete vir twee van Proviant ter waarde van R350.

Daar’s ook ’n bederf van Litl Kansas, Curves Wellington gee aan 11 gelukkige meisies elk ’n geskenkbewys van R300, Dis-Chem gee vier geskenkbewyse weg, MiniMax gaan fliekkaartjies weggee, Paarl Mall Wimpy gee verskeie geskenkbewyse en Pampurr gaan vir vyf meisies elk ’n sonbed-sessie ter waarde van R185 elk gee.

Ná al die gesoek vir die perfekte rok met die perfekte kleur is dit nou jou kans om vir almal te wys hoe asemrowend jy by jou matriekafskeid gelyk het!

Deelnemers moet slegs ’n goeie kwaliteit vollengtefoto saam met die inskrywingsvorm (wat weekliks verskyn) en inskrywingsgeld van R50 by Paarl Post, New­straat 1A, Paarl (langs Virgin Active) kom aflewer. Sorg dat jou foto agterop gemerk is met jou naam en die naam van jou skool asook jou telefoonnommer. Die inskrywings sluit op Vrydag 29 Oktober om 14:00.

Paarl Post plaas op Donderdag 4 November alle foto-inskrywings, wat alfabeties genommer word, waarna lesers kan stem vir die wenner op die SMS-lyn 37405 (koste R2 per SMS).

Die ses rokke met die grootste aantal sms-stemme gaan deur na die finale ronde. Dié foto’s word op Donderdag 11 November geplaas, waarna lesers weer kan stem vir die finale wenner, wat op 18 November aangekondig word, met twee naaswenners.

Een gelukkige sms-stemmer ontvang die Paarl Post vir ’n jaar gratis, en die wenner se skool wen ’n gratis advertensie ter waarde van R3 000.

Maak seker dat jy ’n mooi enkelfoto kry van jou in jou matriekafskeidrok!




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za