Korverhaal-werkswinkel
2010-10-02
DIE Breytenbach-sentrum hou op 23 Oktober vanaf 09:00 tot 16:00 ’n kortverhaal-werkwinkel by dié sentrum in Wellington. Die werkswinkel word aangebied deur gerekende kortverhaalskrywer Braam de Vries. Hy sal tydens die werkswinkel aspirant-skrywers help met die basiese skryftegnieke wat nodig is om ’n goeie verhaal te kan skryf. Jou kortverhaal sal ook tydens die sessie bespreek word en daarom is dit nodig om een van jou kortverhale te stuur na die Breytenbach-sentrum teen Maandag 7 Oktober. Die werkswinkel beloop R300 en sluit ’n ligte ete en materiaal in. Om deel te wees van die werkswinkel, kontak 021-873-2786 of theokemp@breytenbachsen trum.co.za.
More
News
|