Pretstap vir ou en jonk
2010-10-02
AS deel van die Taalmonument se 35ste verjaarsdag hou hulle ’n pretstap vir oud en jonk op 10 Oktober by die Taalmonument op Paarlberg. Daar sal ’n 9,5km stap wees wat om 07:45 begin (R30) en ’n 4km pretstap wat om 08:00 begin (R20). Daar sal ook musiekoptredes, vermaak en speletjies wees soos Afrikaanse Scrabble, buitelug-skaak en boules. Pak jou eie piekniekmandjie of bestel een by Volksmond Koffiewinkel by 021-863-2800. Toegang is betaalbaar by die hek, maar gratis vir deelnemers aan die pretstap. Vir navrae, kontak Amira Clayton by 021-872-3441.
More
News
|