Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Geniet gapingsjaar na matriek

Geniet gapingsjaar na matriek
 
2010-10-02


DIE idee om ’n gapingsjaar te vat en tipies in Londen of elders allerlei los werk te gaan doen, het ontstaan omdat skoolverlaters nie altyd weet wat hulle in die lewe wil doen of bereik nie.

Die probleem is dat baie jongmense ná só ’n jaar steeds nog nie mooi weet wat om te doen nie omdat daar nie altyd struktuur aan so ’n jaar gegee is nie.

Om dié probleem die hoof te bied, bied die publieke bestuursontwikkeling en opleidingsmaatskappy van die Universiteit van Stellenbosch Bestuurskool, USB Bestuursontwikkeling (USB-BO), vanaf Januarie aanstaande jaar ’n entrepreneursprogram aan om juis ’n gapingsjaar so produktief as moontlik te maak.

Dit is nie net vir skoolverlaters nie, maar ook vir studente wat hul studies gestaak het, asook jong gegradueerdes wat graag vir hulself werksgeleenthede wil skep.

Volgens De Wet Schoeman, programleier van die program by USB-BO, is die idee om entrepreneuriese denke by deelnemers aan die program aan te wakker en toe te lig. Dit sal hulle leer hoe om self geleenthede te gaan soek of skep ter voorbereiding vir ’n toekomstige loopbaan.

Die program, wat oor tien maande aangebied sal word, bestaan uit twee fases. Die eerste fase, wat meer teoreties van aard is dek drie ontwikkelingsareas (entrepreneuriese denke, selfontdekking, asook die basiese beginsels van hoe om ’n klein- tot middelslag-onderneming te vestig en te bestuur). Die leerproses sal versterk word deur middel van ’n proses van lewensafrigting.

Die tweede fase is meer prakties van aard en bied die geleentheid aan deelnemers om dít wat hulle in die eerste fase geleer en ontdek het in die praktyk toe te pas.

Terwyl daar wel ondersteuning gegee sal word om ’n werkgeleentheid of ander ontwikkelingsgeleentheid te identifiseer, sal deelnemers primêr verantwoordelik wees om te sorg dat hulle in diens geneem word. Daar sal ook van deelnemers verwag word om gereeld terug te rapporteer oor hul ervarings en ontwikkeling.

Dit is wel moontlik om in die tweede fase in Londen of elders te gaan werk met terugrapportering wat dan oor die internet gedoen moet word.

Vir meer inligting, kontak De Wet Schoeman by 021-918- 4216 of dewet.schoeman@usb-ed.com.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za