Leefstylkalender
2010-10-07
*Reünie. Bergrivier Hoërskool se matrieks van 1980 hou op 6 November hul 30 jaar reünie. Vir navrae, kontak Nico Mettler by 082-498-4130 of stuur ’n epos na nico@dgrvennootskap.co.za. * Vrouekamp. ’n Koraal-vrouekamp word gehou van 26 tot 28 November by die Hephzi-Bah konferensiesentrum in Vredestraat, Newton. Kom vind die WO(man) in jouself. Kaartjies is R300 by Unita 072-188-5685. * Lofprysing. ’n Interkerklike lofprysingsbyeenkoms, WORSHIP-oppiberg, word op 9 Oktober om 19:00 aangebied in die amfiteater by Paarlberg deur The True Vine Ministries van Suid-Afrika. Die hekke open reeds 17:00 (R10 donasie). Die idee is om stil te raak en nader aan God op die berg te wees. Besoek www.worship-oppiberg.co.za vir meer inligting. * Cuppa vir Cansa. Op 29 Oktober om 09:00 word ’n Cuppa vir Cansa-teeparty gehou by die Rivierplaas Opleidingsentrum. Koste is ’n donasie vir ’n koppie tee en ’n stukkie koek. Die gasspreker, Barbara Williams gaan praat oor borskanker en gaan almal leer om ’n borsselfondersoek te doen. Bespreek by Lani by 021-864-1717 of rivierplaas@ibits.co.za.
More
News
|