SMS - kommentaar
2010-10-07
* Ons het geduld maar teer die paaie ordentlik. Die lap-lap van die paaie moet nog net verskillende kleure geverf word dan sal die Paarl te minste KLEURVOL wees. * Die persoon wat die muur van Les Huguenot in Wellington so “pragtig” geskilder het, moet nou ook verf kry by mamma en pappa en dan ook ’n verfkwas sodat sy/hy dit naweke onder toesig kan oorverf. - Geskok * ’n Geweldige slag as Hugenote Kollege sluit, ’n akademiese ramp vir studente!- Mervs * Hoe kan HK toemaak terwyl daar ’n landswye tekort aan opgeleide maatskaplike werkers is? (bekommerde maatskaplike werker * Organiseerders van Cultivaria-fees kan gerus by Oudtshoorn gaan leer hoe ’n mens regte fees hou. * Het my karsleutels Donderdag in middedorp verloor met bottel-oopmaker daaraan vas. Bel 071-741-1197 vir beloning! * My hart gaan uit na ‘Soek ‘n werk’. Ek pleit by afgetredenes om vir werkloses ’n kans te gee.
More
News
|