Stagnasie beteken agteruitgang
2005-09-29
EK wonder of ons Stadsvaders al die volgende waargeneem het: * Die teerpaaie in die pragtige Paarl is in flarde. Dié onderwerp net soos die paaie is ook al holgery.
* Plakkery vermeerder by die dag. Die arme toeris wat die pragtige wynkelder “Nederburg” wil gaan besoek, word begroet met ‘n plakkerskamp agter Huguenotstasie.
* Talle fabrieke en besighede staan leeg of maak toe en leë persele is ook beskikbaar waar besighede opgerig kan word. Hoekom word daar nie pro-aktief meer op werkskepping gefokus nie, want Paarl het die infrastruktuur. Die huidige fokus is om toerisme te bevorder, maar dit gaan nie misdaad en werkloosheid verminder nie.
So terloops, ‘n toeris is ook nie gek oor misdaad en om vervalle dorpe te besoek nie. Dit is seker hoekom van die restaurante dit nie oorleef nie.
* Doen julle gereeld “walkabouts”? Die werkers (wat onlangs gestaak het) se produktiwiteit is swak. Maak hul hande oop en u sal eelte gewaar soos hul op besems en grawe lę. Die toestand van ons parke vertoon nie goed nie. Papiere, pastiek lę orals gestrooi, maar ons werknemers in die oranje oorpakke is in ‘n rustige mode.
* Die toestand van sportgeriewe is skokkend. Die rugbypale en velde by die Boy Louw velde is teleurstellened. Die dorpspan oefen aande onder “kersligte”. “It is a day and night game Mummy.” Die B-veld is nog erger , dit is hoekom die dorp nie meer ‘n o.21 span het nie, want die jong spelers is aan baie beter gewoond. Die Daljosaphatstadion buite is pragtig, maar geen instandhouding vind binne plaas nie.
* Inkopies in die Paarl word bemoeilik deur smouse en sakkerollers asook selfaangestelde parkeerplekaanwysers.
Waarom lyk ander dorpe aan die Weskus nie so nie? Stellenbosch is ons ook ligjare verby.
Objektiewe Paarliet
More
News
|