Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Raad-op met honde-dilemma in Vanwyksvlei

Raad-op met honde-dilemma in Vanwyksvlei
 
2010-10-07


DIE oorbevolking van honde in Vanwyksvlei, Wellington, is ’n massiewe kopseer vir wetsgehoorsame belastingbetalers.

Mense het tot vier honde of meer op ’n erf wat nie omhein is nie. Die honde loop in die strate rond, oortree op ander mense se erwe, gee nie pad vir voertuie nie, val voetgangers aan en rumoer snags in die strate sodat werkende mense nie ’n oog kan toemaak nie.

Dis onmoontlik om ordentlik in sekere gedeeltes, veral waar munisipale huise is, te kan bestuur.

Daar is een straat naby Wellington Sekondêr, waarlangs skoolkinders nie kan waag om huis toe te stap nie, of hulle word aangeval deur sewe honde. Eienaars is blykbaar min gepla of horende doof - veral mense wat nie belasting betaal nie, of bywoners op iemand se erf.

Dit blyk daar is deesdae meer honde as mense in Vanwyksvlei.

Ek dink Drakenstein Munisipaliteit moet gaan kers opsteek by Hessequa Munisipaliteit in die Suid-Kaap. Hulle het baie streng reëls ten opsigte van honde. Mense moet hondebelasting betaal, indien nie word hulle met R3000 beboet. Honde moet ook binne die erf aangehou word. Ook Witzenberg Munisipaliteit het ’n beleid ten opsigte van honde toegepas. Hulle reëls en die toepassing daarvan is nog beter.

Hoekom is Drakenstein Munisipaliteit so traag om hierdie probleem op te los?

Verontriefde belastingbetaler




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za