Om getroud te bly, verg harde werk. ’n MINIWERKSWINKEL vir paartjies in ’n permanente verhouding word deur Famsa aangebied op 20 Oktober van 17:30 tot 21:30 in die Paarl.
Die fasiliteerder is Marna Kleynhans, voorheen Famsa direkteur van George. Sy het 25 jaar ondervinding as huweliksberader en spesialiseer in huweliks- en egpaarberading asook gesinsberading. Sy het ook haar eie private praktyk.
Die koste is R200 per egpaar en sluit tee en verversings in. Alle permanente paartjies is welkom. Hierdie werkswinkel is nie vir individue nie. Rëel ’n kinderoppasser en belê in ’n lewenslange verhouding. Registreer by Famsa Drakenstein by 021-872-2700 of paarl@famsa.org. za voor 18 Oktober.