Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vleisvreters, staan gereed vir fees

Vleisvreters, staan gereed vir fees
 
2010-10-07


HIERDIE naweek is dit weer tyd vir vleisvreters om saam te drom en makietie te hou by die Strooidak-Williston Fees.

Oudergewoonte sal die Willistonners die Paarl binneval, oorlaai met heerlike vleise vanaf die Karoo soos sosaties, skaapkop, skilpadjies, afval en boerewors, en natuurlik, net die beste lamsvleis.

Die braaivure word Vrydagoggend aangesteek en daar sal tot laataand gebraai word op die plein langs die kerk. Die publiek word gewaarsku om vroegtydig vleis te kom koop, omdat baie van hierdie lekkernye vinnig uitverkoop word.

Vrydagoggend vind daar ook ’n mansontbyt plaas in die kerksaal met dr Pieter van Jaarsveld as spreker (kaartjies hiervoor is R100). Saterdagoggend sal daar ’n heerlike plaasontbyt bedien word vir R40. Maar nie net is vleis op die spyskaart nie, daar is ook ’n wye verskeidenheid tuisgebak en plaasprodukte. Daar is ook hope pret en verversings vir die kinders. Die fees duur tot Saterdag om 13:00. Kom deel in die pret en lekker eet.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za