Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hierdie geskenk is eintlik omkoopgeld

Hierdie geskenk is eintlik omkoopgeld
 
2005-09-29


DIE R52 miljoen geskenk aan belastingbetalers waaroor daar onlangs in die Paarl Post berig is, laat ‘n mens dink. Aangesien die Munisipaliteit nie juis teen ‘n wins bedryf word nie, wonder ek net wie gaan vir die “geskenk” betaal en wat die eintlike rede vir die “geskenk” is.

Voel die Raad dalk skuldig oor die nuwe ampsmotors, toere Japan toe (onthou julle dit nog - om ekonomiese bande te bou, beleggers te lok na die vallei toe, ens, ens) en selfgoedgekeurde salarisverhogings?

Wat opvallend is, is die feit dat hierdie “geskenk” aan belastingbetalers ‘n paar maande voor die munisipale verkiesing uitgedeel is deur Vader Kersfees en sy assistente.

Ek het simpatie met mense wat nie hulle rekeninge kan betaal nie - nie almal is bevoorreg om ‘n werk te hę nie en ja, heel moontlik sou dit onmoontlik wees om van die skuld te vorder - maar met die dorp in sy huidige toestand kon die Raad alternatiewe betalingsmetodes oorweeg het.

Mense wat nie werk het nie, en wat fisies daartoe in staat is, behoort die tyd te hę om in hulle eie omgewing “munisipale” dienste te lewer soos strate skoon hou en parke onderhou in ruil vir krediete op hulle rekenings.

Dit sou ‘n bydrae lewer om die huidige “handout” mentaliteit te omskep in ‘n werketiek.

Hierdie “geskenk” is niks minder nie as omkoopgeld op ons onkoste -julle tydsberekening sę dit alles.

Psychic



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za