Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Krieket-telbord

Krieket-telbord
 
2010-10-07


SWAK BEGIN VIR WELLINGTON-CPUT Die eerste krieketspan van Wellington-CPUT het hulle seisoen teen Van der Stel maar sukkel-sukkel begin. Die besoekers het die loot op Wellington se Pen Basson-krieketvelde gewen en besluit om Wellington eerste in te stuur om te kolf.

Wellington het reeds na tien beurte 3 paaltjies verloor en kon aan die einde van die dag slegs ’n skamele 110 lopies (almal uit) in 37,1 boulbeurte aanteken. Van der Stel het die telling sonder enige druk in 17,2 beurte afgemoker en met 7 paaltjies geseëvier. Vir die tuisspan het Warren Groeneveld 23 lopies aangeteken.

) TIERE BEGIN SEISOEN GOED

Die Young Peoples Krieketklub se eerstes het Saterdag die seisoen op ’n wennoot begin en die sterk span van Vredenburg/Saldanha op Daljosafat in ’n 40-boulbeurt-wedstryd met 33 lopies geklop.

Die Tiere het eerste gekolf en ’n bestendige 161 lopies in die toegelate 40 boulbeurte aangeteken, danksy skitterende kolfwerk deur Brendon Adams (65, 6x4 1x6) en Tom-Ross Fortuin (33, 4x4 1x6). Vir die besoekers het Shane Summers (5/31) en Craig Meyer (4/24) baie goed geboul. Vredenburg se kolwers het op reëlmaat paaltjies verloor danksy skitterende boul- en veldwerk deur die Tiere. Vir Peoples het Clint Philander (2/26) en Lorenzo Jacobs (3/18) goed geboul, maar dit was Brendon Adams wat verwoesting gesaai het met ’n drie-kuns en syfers van 4/40 in 7,5 boulbeurte.

) PUIK BOULWERK VIR PAARL-OOS

Goeie boul- en veldwerk was die wenresep vir Paarl-Oos se eerste krieketspan toe hulle die afgelope Saterdag met Stellenbosch Distrikte klaargespeel het. Paarl-Oos het op New Orleans se velde met 57 lopies gewen. Alhoewel die Paarliete in die 39ste boulbeurt vir 131 uitgeboul is (Jackie Daniels (28) 1x4, Dale Watts (32) 5x4 en Zynodien Fredericks (25) 2x4, kon die besoekers net 74 lopies aanteken.

Met die bal het Dennis November (3/26 in 8 beurte), Zynodien Fredericks (4/13 in 6 boulbeurte) en Wayne Minnies (3/11 in 4,4 boulbeurte) uitgeblink.

) BERGRIVIER WEN MAKLIK

Die eerste krieketspan van Bergrivier het Sondag op Weltevredepark sy wedstryd oor 40 boulbeurte teen Ceres maklik met 67 lopies gewen.

Bergrivier het eerste gekolf en het 194 (almal uit) in 39 boulbeurte aangeteken. Dit was hoofsaaklik te danke aan die bydraes van Randall April (56, 8x4), Aqeeb Douman (40, 4x4) en Waylon Libbie (39, 4x4).

Die besoekers was vanuit die staanspoor met die rug teen die muur op 6/3.

Ceres is na 36 beurte uitgeknikker vir 127, danksy ’n verwoestende boulskof deur Ryan Mouton (4/1 in 5.1 bb waarvan 3 leeg was). Hy is goed bygestaan deur die draaiboulwerk van Douman (6-0-21-3) en Libbie (8-1-29-2).

) DRAKENSTEIN KLOP CERES

Drakenstein Edu KK het Saterdag in Wellington ’n goeie begin in die Bolandse Premierliga gemaak toe hy Ceres met 14 lopies geklop het. Ceres het die loot gewen en die Drakies ingestuur om te kolf. Drakenstein het danksy ’n puik onoorwonne 52 lopies van Gershwin Philander 191/8 in sy toegelate 40 beurte aangeteken.

Philander is goed bygestaan deur die Engelsman Jordan Evans wat hard vir sy 30 lopies gewerk het.

Ceres het die teiken aanvanklik met mening gejaag, maar ’n inspirerende boulskof deur die jong Enver van Breda (3/17) het die hart uit die vrugteboere geruk. Ceres het op 178/6 geëindig, om sodoende Drakenstein sy eerste oorwinning in sy eerste premierligawedstryd besorg.

Sondag op Worcester het Drakenstein teruggekom aarde toe deurdat hy met 105 lopies teen Worcester United vasgeval het.

Juliano Philander, 3/44 en Lindsay Davy 2/32 was Drakenstein se beste boulers.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za