Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fietsspeke sing weer

Fietsspeke sing weer
 
2010-10-07


MET die somer wat nou behoorlik kop uitsteek, sal Drakensteiners weer baie motors gelaai met fietse op ons paaie opmerk.

Verlede week was dit die Lourensford Classic in Somerset-Wes se beurt en hierdie week vind die Engen Dynamic Cycle Challenge by die Nelson’s Creek Wynlandgoed buite Wellington plaas.

Saterdag is dit die bergfietsryers se beurt wat vanaf 08:30 die speke gaan laat sing. Die roetes bestaan uit 15km, 35km, en 60km afstande. Die 60km roete het ’n 900m klim op Paardeberg wat ook die halfpadmerk vir die 60km wedren is.

Die padfietsers kry Sondag vanaf 07:00 hulle beurt in ’n 99km en 46km roete. Die 99km roete is vanaf Nelson’s Creek na Wellington, Hermon, deur Malmesbury na Durbanville en weer terug tot by Nelson’s Creek.

Verlede Saterdag het Petrus Malherbe, bergfietsryer van die Paarl, derde geëindig in die 55km Lourensford Classic. Meer as 2000 fietsryers het aan dié wedrenne deelgeneem.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za