Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe uitklopkampioen sal gekroon word

Nuwe uitklopkampioen sal gekroon word
 
2010-10-07


’n NUWE uitklopkampioen in die Paarl rugbystreek sal gekroon word nadat Young Gardens verlede Saterdag in ’n spannende wedstryd die kampioen, Laer Paarl, met 23-20 uitgeskakel het.

Eerskomende Saterdag behoort die vonke behoorlik te spat in die semi-finaal van dié uitklopreeks.

Young Gardens het in die eerste helfte die oorhand oor Laer Paarl gehad en het in een stadium met 17-6 voorgeloop, maar die kenmerkende veggees van die Bloues het byna die bordjies verhang.

Die wedstryd tussen Windmeul United en Albions en tussen die streekkampioen Vineyards en Young Standards het egter vir die meeste naelbyt-rugby gesorg nadat beide wedstryde in bykomende tyd beslis is.

Windmeul United kon eers in die tweede helfte, met bykomende tyd, daarin slaag om dié wedstryd met ’n strafskop te beklink om sodoende Albions met 35-32 te klop.

Vineyards moes self teen Young Standards swoeg en het in ’n klipharde stryd die wedstryd ook in die tweede helfte in bykomende tyd met ’n drie afgerond om met 14-9 te wen.

In ’n drieë-fees het Simondium vir Riverstones goed skrikgemaak en kon Riverstones net-net daarin slaag om Simondium met 47-41 te klop.

Die wedstryd het sprankelrugby opgelewer en die span van Simondium is staande toegejuig vir hul ondernemende spel.

Die wedstrydbepaling vir Saterdag op die Faurestraat-stadion is: 14:00-15:20 Young Standards vs Albions; 15:30-16:40 Simondium vs Laer Paarl; 17:00-18:20 Vineyards vs Windmeul en 18:30-20:00 Riverstones vs Young Gardens. Die junior semi-finale word ook op dié veld gespeel en begin reeds om 10:00.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za