Drankwinkel beroof
2010-10-07
MEER as R7000 kontant is die afgelope naweek van ’n drankwinkel in Wellington geroof. Vier mans het Saterdagoggend in die Railway Drankwinkel in Stokeryweg ingestap. Een van die mans het die verkoopsvrou met ’n vuurwapen gedreig, en sy is gedwing om al die kontant in die kasregister aan hulle te oorhandig. Voordat die mans die pad gevat het, het hulle ook kartonne sigarette gegryp. Hulle het glo in die rigting van die stasiebrug gehardloop, waarna hulle gevlug het in ’n wagtende wit Jetta-voertuig met ’n CA registrasienommer.
More
News
|