Bejaarde sterf voor huis in die Paarl
2010-10-07
地 BEJAARDE vrou is Maandagoggend dood aangetref buite 地 woning in Carlettastraat, Paarl. Lorraine van den Berg (68) het omstreeks 11:00 vir 地 buurvrou tuisgebak geneem by Carlettastraat 6. Hi駻 het sy glo aan 地 deur by die motorhuis geklop en nog voordat enigiemand die deur kon oopmaak, het sy inmekaar- gesak. Omdat sy teen die deur gestamp het toe sy neergesak het, was die inwoner van die huis om veiligheidsdoeleindes nie bereid om die deur oop te maak nie. Sy het haar sekuriteitsmaatskappy gebel wat 地 patrolliewa na die toneel gestuur het. Intussen het 地 besoeker aan die woning op haar liggaam afgekom. Die polisie is in kennis gestel en na verdere ondersoek, is daar vasgestel dat Van den Berg aan natuurlike oorsake dood is. Sy het volgens bure glo aan 地 hartkwaal gely.
More
News
|