Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Uitbreidings by Taalmonument kom ná 35jaar

Uitbreidings by Taalmonument kom ná 35jaar
 
2010-10-07


BOUWERK het begin aan ’n nuwe interpretasiesentrum wat in Mei volgende jaar sy deure sal open by die Taalmonument.

“Die gebou sal ’n groot leemte vul om besoekers beter te kan oriënteer,” sę Jack Louw, direkteur van die Afrikaanse Taalmuseum en –monument.

“Ons grootste behoefte is vir ’n uitstalgebied waar besoekers die ontstaan en ontwikkeling van Afrikaans interaktief kan ervaar deur middel van oudiovisuele uitstallings.

“’n Model van die Taalmonument, wat deur die argitek Jan van Wijk, gebou is, sal ook hier uitgestal word.”

Daar sal ook kantoorruimte wees vir personeel, wat sedert die ontstaan van die monument vanuit ’n Wendy-huis werk.

Die sentrum sal ook ’n lesinglokaal huisves wat benut sal word vir opvoedkundige programme en lesings. ’n Paadjie sal die monument toeganklik maak vir rolstoele.

Die gebou word opgerig deur die Departement van Openbare Werke en is gefinansier deur die Departement van Kuns en Kultuur teen ’n koste van R8,5 miljoen, wat opgraderings aan die Amfiteater insluit.

Die gebou van 283m˛ by die ingang van die terrein beslaan drie vlakke omdat dit teen ’n skuinste gebou word. Daar word ook ’n spesiale platform aan die kant van die gebou opgerig vanwaar besoekers ’n praguitsig oor die Paarl sal geniet

“Dit is ’n opwindende toevoeging tot ons 35-jarige bestaansvieringe dat die eerste sooi nou gespit is ná sewe jaar se onderhandelinge,” sę Louw. “Besoekers is welkom om Sondag by ons 35-jarige feesviering te kom loer hoe die uitgrawings vorder.”

) ’n Pretstap word Sondag aangebied om die Taalmonument se 35ste verjaarsdag te vier. Inskrywings kos R30 vir die 9,5 km roete, wat om 07:45 begin, en R20 vir die die 4km roete, wat om 08:00 begin. Registrasie en laat inskrywings begin 06:30 by die Taalmonument.

Daar sal Sondag ook heeldat pretaktiwiteite aangebied word met musiekoptredes, ’n springkasteel en boules. Pak jou eie piekniekmandjie of bestel een by Volksmond Koffiewinkel (021-863-2800). Vir navrae, ska­kel 021-872-3441 of 021-872-2022. Toegang is R12 (R5 vir studente en R2 vir kinders) maar gratis vir deelnemers.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za