Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vrou brand dood in houthuis

Vrou brand dood in houthuis
 
2010-10-07

Lise Beyers

NOG ’n inwoner van ’n informele woning het die naweek doodgebrand.

Elizabeth Smith (46) wat in ’n plastiek- en houthuis gewoon het, agter die werkershuise van Boland Brickfields in Simondium, het Vrydagaand omstreeks 20:30 gesterf, toe ’n kers vermoedelik ’n brand veroorsaak het.

Twaalf ander mense wat langs haar in plakkershuise gewoon het, het daarin geslaag om te ontsnap, maar hulle het al hul skamele besittings verloor.

’n Vriendin van Smit, Rachel Grain, het gesê dat sy dié aand buite gestaan het en met iemand gesels het toe die huis begin brand het.

“Dit het so vinnig gebeur en ons het net seker gemaak dat almal uit hul huise kom. Daar was geen tyd om iets te red nie.”

Maar vir Smit was dit te laat. Sy het vermoedelik op haar bed gelê toe sy deur die vlamme omring is.

Dit is maar net een voorbeeld van die moeilike omstandighede waaronder inwoners van die informele woongebied woon.

Vir jare al is plakkers langs Paarl Brickfields ’n tameletjie. Hiér woon bykans 200 gesinne op die serwituutpad wat langs Paarl Brickfields loop na Boland Brickfields.

Hierdie families maak staat op net een kraan lopende water en drie toilette, wat glo nie in ’n werkende toestand is nie.

Die stank van afval hang in die lug, en ’n plaag vlieë pak mens beet sodra die motor verlaat word. Hiér eet kinders en diere saam van die grond af.

En al die baksteenwerke in die gebied lei erg onder diefstal en vandalisme weens hul ongewenste bure.

Alf D’Aguiar, eienaar van Paarl Brickfields, sê dat elke jaar kos hierdie gemeenskap hom duisende rande.

“Verlede jaar alleen moes ek R49 000 betaal om metaalkabels te vervang wat gesteel is. En jaarliks word duisende rande se steenkool ook gesteel.

“’n Ou huis langs die plakkerskamp wat aan my behoort, is so te sê gestroop. Ek was nog besig om die gebou op te gradeer om my kantore daarheen te skuif, toe begin die diefstal.”

En wanneer D’Aguiar heinings oprig om ongewenste gaste uit sy perseel te hou, word dié ook gesteel.

Nie net dit nie, maar weens die erge tekort aan ablusiefasiliteite, word sy perseel ook as toilet gebruik.

Al die baksteenwerke in dié gebied sit met dieselfde probleme.

“Lede van die munisipaliteit, soos Arthob Pietersen en Mike Mgajo het destyds al hier besoek afgelê en groot planne is gepraat om hulle te hervestig in volwaardige omstandighede, maar daar kom nooit iets hiervan nie. So ver my kennis strek, is daar ’n paar jaar gelede ’n paar honderdduisend rand begroot hiervoor, maar intussen het die geld verdwyn.

“En alhoewel ek baie verliese ly, voel ek geweldig jammer vir hierdie gemeenskap wat in sulke krotomstandighede moet woon.”

* Another woman has burnt to death in a squatter camp.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za