Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hope skroot gevind

Hope skroot gevind
 
2010-10-07

Lise Beyers

VERMEENDE skrootdiewe is verlede Woensdag in Wellington vasgetrek met een-en-地-half ton yster agterop 地 bakkie.

Lede van die polisie het agterdogtig geraak toe hulle 地 swaargelaaide bakkie opgelet het wat vanaf Bainskloof in die rigting van Wellington gery het.

Die bakkie was glo so swaar gelaai dat die agterste buffer nou en dan aan die grond geraak het.

Die polisie het die voertuig in Kerkstraat tot stilstand gedwing en toe hulle die kap oopmaak, het hordes metaal-implemente daaruit gepeul, asook vyf mans.

In die besit van een van die mans was ook 地 kaart van 地 plaaslike skroothandelaar, waar die skroot waarskynlik verkwansel sou word.

Tussen die skroot was spilpunte, stopkrane en staalpype wat in die landboubedryf gebruik word.

Die mans, almal van Wolseley, en waarvan een 地 minderjarige is, is in hegtenis geneem in verband met die voorval. Tussen hulle is daar ook 地 gewese polisieman, Henry Waterboer.

Na bewering is Waterboer uit die polisiediens geskors weens verskeie misdrywe, waarin dwelms ook betrokke was.

Die diefstal van metaal-implemente op plase kos die landbousektor miljoene rande per jaar.

* Five men were arrested after police found a huge load of metal implements which were probably stolen on farms in the Wolseley area, on their bakkie passing through Wellington.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za