DIE Paarlzicht Primêre Skool bied Saterdag 9 Oktober ’n 3,5km en 5km pretloop by die skool vanaf 08:00. Inskrywingvorms teen R10 (R5 vir kinders) is beskikbaar by die skool. Daar sal medaljes aan die eerste tien wenners gegee word van albei kategorieë. Diere is welkom. Skakel mnr Daniels by 021-862-2300 of 083-316-5907.