Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Krieket-telbord

Krieket-telbord
 
2010-10-14


TIERE AAN DIE WENKANT Die Young Peoples Krieketklub het hul bure van Wellington Saterdag in ’n 40-boulbeurt wegwedstryd met 4 paaltjies geklop. Die tuisspan kon net 129/7 opstapel, danksy goeie boul-en veldwerk deur die Tiere. Charlton Daniels (2/10 in 8bb) het die aanslag gelei.

Vir Wellington het Warren Groeneveldt (36, 2x4 1x6) weer eens uitgeblink. Peoples het van meet af goed gekolf en behaal 131/6 in 27bb, danksy baie goeie kolfwerk deur die kaptein, Edwin Jacobs (31, 3x4) en ’n onoorwonne 42 lopies (3x4) deur Wade October. Craig Abrahams (2/38) het hardnekkig probeer met die bal vir Wellington.

) BERGRIVIER KLOP DRAKENSTEIN

Drakenstein het Saterdag op die Parysvelde met 17 lopies teen Bergrivier verloor. Drakenstein het die loot gewen en Bergrivier op ’n blad vol streke ingestuur om te kolf. Bergrivier was op 56/8 teen die planke, maar ’n skitterende kapteinsbeurt deur Charlton Manuel (42), het die besoekers tot op 117 (almal uit) geneem. Die Drakies se beste boulers was Boetie Hendricks (3/33) en Jordan Evans (3/31). Hulle is goed bygestaan deur die veteraan, Marshall Lategan, wat met slim boulwerk 2/14 ingeoes het.

Met begeesterde boulwerk van Eaton Pietersen (8-1-25-4) en Ryan Mouton (8-3-17-3) is die tuisspan uitboender vir 100.

Drakenstein het die teiken begin jaag, maar sy toporde het gesukkel teen Ryan Mouton (3/20) en Eathan Pietersen (4/29). Lindsay Davy, 18 en Gershwin Philander 18 n.u.n. het moedig probeer, maar die moeilike kolfblad was deurentyd die kolwers se ondergang.

) PAARL-OOS VAL VAS

In ’n 40-boulbeurt wedstryd het Paarl-Oos Saterdag op die Parys-velde teen Paarl vasgeval. Hulle het die wedstryd met 5 paaltjies verloor. Swak kolfwerk was hulle ondergang en slegs Jackie Daniëls (20, 3x4) kan uitgesonder word. Paarl-Oos is in die 34ste beurt vir 108 lopies uitgeboender. Paarl (110 vir 5) het Paarl-Oos se telling in die 29ste boulbeurt verbygesteek.

) PAARL NOG ONOORWONNE

Verlede Saterdag is Coronations op sy tuisveld vir ’n skamele 77 lopies uitgeboender. Ultalyn Ernstzen (3/15), Lyndon Fredericks (2/17), die 15-jarige Heinrich Muller (3/17) en Alfredo Adams het met goeie boulwerk gesorg. Die Paarliete het die wenlopies in die 20ste boulbeurt behaal, met Darryl Hendricks (39* 4x4) en Kurt Martin (26 3x4) die beste kolwers vir die besoekers. Paarl wen die wedstryd met 7 paaltjies.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za