Sportdagboek
2010-10-14
RUGBY * Albions bied op 15 Oktober (20:00) sy jaareindfunksie in die Gemeenskapsaal aan. Die koste is R80 per persoon. Skakel Steve Williams by 073-419-8476. * Die algemene jaarvergadering van alle streekklubs vind op Woensdag 20 Oktober 19:00 ook by die Gemeenskapsaal plaas. Kontak 082-731-4879. * Die algemene jaarvergadering van Roses United Sportklub vind plaas op 26 Oktober (19:00) by die klubhuis op Pelikaanpark in Wellington. * Die Rugbykode se algemene jaarvergadering word gehou op 27 Oktober om 19:00 by die Gemeenskapsaal. Kontak 082-731-4879. * Allandale Rugbyklub hou ’n piekniekdans op 23 Oktober (20:00) te Drakenstein Gevangenis. Toegang is R70. Kontak 082-737-8952 of 021-864-8195. ) KRIEKET * Young Peoples se derdes se ligaverpligtinge skop Saterdag af met ’n derby-wedstryd teen Paarl III op die Daljosafat-velde. * Saterdag speel Young Peoples Krieketklub se eerste span tuis teen Paarl-Oos in ’n 45-boulbeurt wedstryd en weer Sondag weg teen Victoriane op Stellenbosch in ’n 40-boulbeurt wedstryd. Die tweede span speel ook Saterdag weg teen Bergrivier, terwyl die derde span tuis kragte meet teen Paarl III. * Drakenstein speel Saterdag op Laborie teen Grabouw. Die tweede span speel Saterdag weg teen Oostelikes en Sondag weg teen Stellenbosch en Distrikte. Die derde span speel Sondag op die CPUT-velde teen Exelsior se tweedes. * Paarl I speel teen Wellington (Wellington), Paarl II teen Piketberg II (Parys), Paarl III teen Young Peoples III (Dal Josaphat) en Paarl IV teen Northdene II (Parys). Sondag speel Paarl I teen Maties (Coetzenburg). ) PRETSTAP * Die Gathering Wholeness Centre se jaarlike 10km pretdraf op 16 Oktober begin om 09:00 by die Jeugsentrum te Orleanslaan 35, Paarl. Vir meer inligting, skakel 082-487-4671/079-724-4101. * Die Ashanti Wynproe Pretloop vind op 23 Oktober om 09:00 by die Ashanti wynplaas plaas. ’n Pretloop oor 5 of 10 km word aangebied. Troeteldiere is welkom. Vir meer inligting, kontak Elaine by 021-914-2524. ) MUURBAL * Die finale van die Paarl Muurbalklub se klubkampioenskappe word op 23 Oktober beslis. (Dames 17:00 en mans 18:00). Die algemene jaarvergadering word om 19:00 by die klub gehou. ) KUSHENGEL * Die Paarl Kushengelklub se eerste ligavergadering vind op 19 Oktober plaas om 18:30 by die Le Bac lapa. Die kompetisie vind plaas op Saterdag 23 Oktober te Arniston. Enige belangstellendes of vir enige vrae, kontak vir Gert van Niekerk by 083-259-4310.
More
News
|