Paarl-roeiers vaar goed in Vis
2010-10-14
’n HELE klompie roeiers van die Paarl Kanoklub het met die onlangse Visrivier Kano-marathon in die Oos-Kaap goed gevaar en selfs van die afdelings gewen. Herbert Conradie en Gary Cromie het in die veterane-afdeling koning gekraai met ’n tyd van 5:21:56. Uit 1700 roeiers het hulle algeheel in die 27ste plek geeďndig. André Rabie en Rob Maclean was ook eerste in die SubGrandMasters-afdeling en 79ste algeheel. Ander Paarl roeiers wat ook goed gevaar het, is Josie Williams en Divieano Pietersen (2de plek o.18 en 35ste algeheel), PW Basson en Conrad Schutte (38ste algeheel), Michael-Lee Farringer en Donovan Wewege (2de o.16 en 56ste algeheel) en Mzamo-Wayne August en Michael Watson 57ste algeheel.
More
News
|