Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vineyards teen Riverstones in uitklopfinaal

Vineyards teen Riverstones in uitklopfinaal
 
2010-10-14


DIE 2010 Paarl-streek rugbykampioen, Vineyards, pak die streekkampioen van 2009, Riverstones, in wat beskryf kan word as ‘the clash of the Titans’ in die Paarlstreek se uitklopfinaal Saterdag op die Faurestraat-stadion.

Vineyards het Saterdag bewys waarom hy die kampioenspan van 2010 is deur Windmeul United gemaklik met 19-7 af te stof en sal die eerste klub in die Paarlstreek se geskiedenis wil word wat beide liga- en uitklopkampioen is.

Riverstones staan egter soos ’n blou golf voor Vineyards se aspirasies en sal wil vergoed vir die twee liga nederlae wat hulle vroeër in die seisoen gelei het. Riverstones het sy plek in die finaal bespreek deur die gedugte span van Young Gardens net-net met 24-21 te klop. Saterdag se eindstryd begin om 15:00.

In die Plaatfinaal speel die opwindende span van Simondium teen Albions. Simondium het met sy ondernemende spel beïndruk en het Laer Paarl van hul voete af gespeel om die wedstryd gemaklik met 26-16 te wen. Albions was self indrukwekkend en het Young Standards met 23-0 geboelie.

Saterdag se wedstryde is 10:00 o.12 Bekerfinaal Vineyards teen Simondium; 11:00 o.16 Plaatfinaal Windmeul United teen Simondium; 12:15 o.14 Bekerfinaal Riverstones teen Laer Paarl; 13:30 Plaatfinaal Albions teen Simondium; 15:00 Bekerfinaal Vineyards teen Riverstones en 17:00 o.16 Bekerfinaal Allandale teen Albions.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za