Gimnaste presteer tydens SA
2010-10-15
GIMNASTE van die Wynland Gimnastiekklub het onlangs tydens die Suid-Afrikaanse gimnastiek-kampioenskappe in Pretoria puik presteer en spog nou met 7 kampioene. Vier daarvan was vir artistiese- en 3 vir trampolien items. Die klub het 30 medaljes verower (5 algeheel, 21 vir apparaat en 4 vir trampolien). Marichen van Zyl (vlak 5 12/o), derde van regs, het 5 goue medaljes huis toe gebring en Logan Lawrence (vlak 5 10/o), derde van links, het Federasie-kleure ontvang en is opgeneem in die span wat in Zimbabwe aan die Sone 6-kompetisie gaan deelneem. Van links is Ashleigh Batts (vlak 4 12/o), Eugenie Lamprecht (groot trampolien 15/o), Larissa Burger (mini-trampolien senior elite), Simone Wepener (vlak 6 18/o) en Eliana Burger (groot trampolien senior elite). Larissa Burger het 3 medaljes verower in 3 dissiplines (algehele brons in artisties, goud vir mini-trampolien en silwer vir groot trampolien).
More
News
|