Niks Klein oor Nederburg se dramagroep
2010-10-15
DIE dramagroep van Klein Nederburg Sekondêr het met hul tweede deelname in die Durbanville skole kunstefees en die ATKV tienertoneel weer eens gewys wat in hulle steek as dit by teater kom. Die dramagroep het die twee Afrikaanse produksies, Pad na Vergifnis en Grys opgevoer. Albei stukke is oorspronklike voorgeskrewe kortverhale vir graad 11 en 12 wat na dramas verwerk is deur Ernest Loth, ’n Afrikaanse Huistaal opvoeder by die skool. Al die spelers in Pad na Vergifnis en Grys het toekennings ontvang in beide bogenoemde toneelfeeste vir onder andere produksie, regie, grimering, dekor en klank. Vir die produksie Grys het Felecia Roux vir haar rol as die sielkundige silwer ontvang asook Roberto Meyer vir sy rol as die kunsonderwyser. Die res van die groep het brons ontvang vir elkeen se onderskeie karakters.
More
News
|