Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Die direksie en rektor moet antwoorde gee!

Die direksie en rektor moet antwoorde gee!
 
2010-10-15


EK dink dit is net billik om te vra dat die direksie en rektor van die Hugenote Kollege antwoorde moet verstrek op die brief van prof Jan Botha in die Paarl Post van 7 Otkober. Hulle is dit aan die personeel, die studente, oud-studente, oud-personeel en les bes die gemeenskap van Wellington verskuldig.

Die Hugenote Kollege is oor baie jare as een van die mees gerespekteerde en gewaardeerde opvoedkundige sentrums bekend.

Vele maatskaplike werkers, jeugwerkers, gemeenskapsontwikkelaars en spelterapeute het hier gestudeer.

Hierdie professionele persone is tans oor die lengte en breedte van die land - ook in Wellington - versprei, waar hulle die boodskap van heling en ontwikkeling uitdra.

So het elke afgestudeerde student iets van hom/haar in Wellington agtergelaat en iets van Wellington saam met hom/haar geneem!

Hoe is dit moontlik dat twee gerespekteerde inrigtings soos die Hugenote Kollege en die US nie tot ‘n vergelyk kon kom nie? Prof Jan Botha skryf: “In die onderhandelingsproses het die US meer as die spreekwoordelike tweede myl geloop.”

Kan hiervan afgelei word dat die Hugenote Kollege nie die tweede myl wou loop nie? Indien dit wel so is, sal die gemeenskap van Wellington wil weet wat die redes was/is.

Die direksie en rektor as uitvoerende beampte, is ’n eerlike en deursigtige antwoord aan die gemeenskap van Wellington verskuldig!

Dr Rina Smith (oud-dosent en DA Raadslid)

Die hoof: bemarking & kommunikasie, Hugenote Kollege, ds André F du Toit, reageer:

Gegewe die berig (Hoop vir kollege kwyn - Paarl Post, 30 September) en die aantuiging daarin waarop prof Jan Botha in die Paarl Post van 7 Oktober reageer, is die inhoud van sy brief korrek.

Die berig in die Paarl Post, (Kollege wil nie bes gee nie) is ongelukkig? van ’n baie misleidende opskrif voorsien wat die res van die onderhandelingspogings van die Hugenote Kollege ignoreer.

In die berig van 30 September staan “Só meen ingeligtes nadat die Universiteit van Stellenbosch samewerking met die Kollege geweier het”.

Die saak waaroor dit dus in die berig gaan is “samewerking” tussen die Universiteit Stellenbosch en die Hugenote Kollege. Prof Botha se antwoord daarop is feitelik korrek.

Wat egter nie gemeld is nie, is dat die Hugenote Kollege die Universiteit Stellenbosch daarna met ’n tweede versoek genader het waarin nie samewerking nie, maar integrasie van die Kollege met die Universiteit onderhandel is.

Dié onderhandelinge was om ’n verskeidenheid redes nie suksesvol nie. Daar is dus geen sprake daarvan dat die Hugenote Kollege nie die spreekwoordelike tweede myl wou loop nie.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za