Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Plaaslike kelders beloon by Veritas

Plaaslike kelders beloon by Veritas
 
2010-10-15


PLAASLIKE wynkelders het weer hul spiere gebult tydens vanjaar se 20ste Veritas Toekennings.

’n Reuse totaal van 1 733 inskrywings van byna 300 kelders, is vanjaar beoordeel. En vir die eerste keer sedert Veritas twintig jaar gelede tot stand gekom het, is daar besluit om brandewyn ook by hierdie trotse tradisie van wynbeoordeling in te lyf.

Nederburg het tydens die glansgeleentheid, wat by die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum gehou is, die kollig gesteel vir beide hul wyn en brandewyn.

Hulle verdien dubbelgoud vir die 1977 Nederburg Edelkeur, 2003 Nederburg Private Bin D266 Sémillon en 2008 Nederburg Private Bin Eminence.

Goud is toegeken aan die 2010 Nederburg Private Bin D234 Sauvignon Blanc, 2009 Nederburg Private Bin D252 Sauvignon Blanc/Sémillon, 2009 Nederburg Private Bin Eminence en hul Nederburg Solera Brandy.

Anura Wynkelder naby Klapmuts, het die beoordelaars beïndruk met hul 2006 Anura Merlot Reserve, 2008 Anura Pinotage Reserve en 2010 Anura Sauvignon Blanc Reserve Unfiltered en is hiervoor met dubbelgoud beloon. Die 2007 Anura Petit Verdot Limited Release het goud gewen.

Ander plaaslike kelders wat beloon is met dubbele goue medaljes was Ridgeback, Perdeberg, Monis, KWV en Doolhof.

Wellington Wynkelder, Windmeul, Welbedacht, Vrede en Lust, Under Oaks, Seidelberg, Freedom Hill, Bovlei en Boschendal het almal goue medaljes ontvang.

Spier Wyne het vir die tweede agtereenvolgende jaar die septer geswaai met nie minder nie as vyf dubbelgoud toekennings en twee goud in hul sak.

* Wees van die eerstes om die kroon van die 2010 Veritas wenners te proe. Vir diegene in en om Kaapstad bring Veritas die dubbelgoud en goud wenners vir ’n proesessie Dinsdag 19 Oktober na die Cape Sun hotel. Kaartjies hiervoor is by Computicket beskikbaar. Besoek www.veritas.co.za vir volledige inligting en kaartjiepryse.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za