DIE Bevryde, Sappige Vriendinne van die Wes-Kaap met Elsabé Aldrich aan die voortou bied ’n besondere vrouekuierkans aan op Saterdagoggend 30 Oktober vanaf 09:00 in die Paul Roos-gedenksaal, Stellenbosch.
Daar is interessante pretpraters, onder andere Gretha Wiid, en Nianell tree op as spreker en sangeres. ’n Driegangmaaltyd en vonkelwyn is ingesluit.
Die opbrengs word aan die ACVV se Keer die Seer-veldtog geskenk. Die koste is R320 per persoon. Kontak Marianna by 083-302-5612 of custadm@mweb.co.za.