Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Deurnag-aflos vir kanker skop af

Deurnag-aflos vir kanker skop af
 
2010-10-15


OP 21 Oktober is dit afskoptyd vir die opwindende deurnag-aflos Cansa Relay For Life, wat op 19 en 20 Maart 2011 op die Boy Louw-sportvelde in die Paarl aangebied gaan word.

Cansa Relay For Life Paarl was vanjaar op 20 en 21 Maart vir die eerste keer in die Paarl aangebied en was baie suksesvol en by tye ook só aangrypend dat daar reeds groot kompetisie is vir die toegelate 70 spanne wat mag inskryf.

Die “afskop” is gereël vir Donderdag 21 Oktober vanaf 18:30 tot 20:00 by die Church on the Rock in Louwslaan, Paarl.

Dit sal dien as amptelike bekendstelling van die Relay For Life waar mense geleentheid kry om spanne in te skryf. Die tema vir die aand is “Evening at the Cinema”.

Vanjaar het 43 spanne aan die relay deelgeneem en ’n bedrag van byna R100 000 is ingesamel vir die stryd teen kanker.

Nou word die remme losgemaak en die ratte geolie om hierdie besonderse prestasie volgende jaar met mening te oortref met R120 000. Die mikpunt vir Drakenstein is R220 000. Behalwe fondsinsameling is die doel van die Cansa Relay For Life om die gemeenskap te verenig in die nimmereindigende stryd teen kanker en meer bewus te maak van die omvang daarvan.

Voorts is dit ’n aangrypende geleentheid om mense te vereer wat die geveg teen kanker oorwin het, maar ook hulde te bring aan dié wat die stryd verloor het.

Vir meer inligting oor die afskop-geleentheid van 21 Oktober, kontak Minette van der Walt by 083-350-3531. Spanne wat vir deelname wil registreer, kan vir Bertie Lambrechts by 083-516-1291 kontak.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za